Local newsNews

Opwindende musiekspel op pad na Roodepoort

Dié unieke spel is gelukkig nie net vir musiekkenners bedoel nie.

ATKV Arendsnes nooi die gemeenskap van Roodepoort hartlik uit na ‘n opwindende Musiekpret-geleentheid.

Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n unieke spel. Foto: Pixabay.

Dié musiekspel is bekend daarvoor dat dit pure pret vir musiekliefhebbers oud en jonk bied. Volgens organiseerder, Monique Brink is dié unieke spel gelukkig nie net vir musiekkenners bedoel nie.

Gaste word wel aangemoedig om hul ‘musiek-oor’ saam te bring.

Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n unieke spel. Foto: Verskaf.

“Twintig spanne met 10 tot 15 lede per span gaan vir mekaar wys waar Dawid die musieknote gegrawe het. Bring jou vriende en familie, eie drinkding en knibbelgoed. Aandete is ‘n braai met boerewors, asook pap en sous wat by die toegangsgeld van R180 ingesluit is,” het Monique vertel.

Musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n unieke spel. Foto: Verskaf.

Die geleentheid vind plaas op Saterdag, 30 Julie om 18:00 in die Hoërskool Roodepoort-skoolsaal. Kostes beloop R180 per kaartjie (aandete ingesluit). Indien jy meer wil weet, of jou plek wil bespreek, kontak gerus vir Monique by 082 682 6964.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button