NewsSchools

Sentraal-Gauteng-kleure vir Kruiner-gimnas

Die kompetisie het in Pretoria plaasgevind waar dié graad 6-leerder in die Vlak 7-kategorie deelgeneem het.

Laerskool Helderkruin se Janiké Meintjies het onlangs haar skool se naam hoog gehou tydens die Sentraal-Gauteng Gimnastiekkompetisie.

Janiké Meintjies met haar medaljes.

Die kompetisie het in Pretoria plaasgevind waar dié graad 6-leerder in die Vlak 7-kategorie deelgeneem het.

Janiké het gedurende die geleentheid drie bronsmedaljes verower op balk, vloer en sprong. Sy het ook haar Sentraal-Gauteng-kleure verwerf en gaan van 8 tot 10 September aan die Provinsiale kompetisie deelneem.

Die Kruiner-familie is trots op Janiké se puik prestasie en wens haar sterkte toe met die kompetisie wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button