Local newsNewsSchools

Legendariese Dan Carter besoek Hoërskool Florida

Carter, bekend deur ondersteuners en rugbykenners as die wêreld se beste losskakel in rugbygeskiedenis, het 'n paar wenke en truuks met Florries jong rugbysterre gedeel oor hoe hulle hul vaardighede kan verbeter terwyl hulle ook van sy grootste insigte in die wêreld van rugby deel.

Die invloed van ‘n prominente sportpersoon is iets wat nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie aangesien jongmense veral leerders altyd hul optrede en houdings waarneem.

Op Maandag, 12 September, het Hoërskool Florida se leerders en onderwysers die legendariese All Blacks-losskakel Dan Carter ontmoet wat ‘n draai by die skool gemaak het en ‘n paar woorde van wysheid gedeel het.

Dan Carter. Photo: Supplied.

Carter, bekend deur ondersteuners en rugbykenners as die wêreld se beste losskakel in rugbygeskiedenis, het ‘n paar wenke en truuks met Florries jong rugbysterre gedeel oor hoe hulle hul vaardighede kan verbeter terwyl hulle ook van sy grootste insigte in die wêreld van rugby deel.

Nederig, sag gepraat maar gedrewe, Carter was die perfekte voorbeeld van iemand wat dit ook baie moeilik gehad het met terugslae/beserings, maar dit reggekry het om elke keer terug te bons na baie harde werk, sweet en trane.

Hy sluit aan by die Suid-Afrikaanse Rugbylegende en voormalige losskakel Naas Botha om rugbyklinieke in Johannesburg en Kaapstad aan te bied.

Die eerste afrigtingskliniek is in Kaapstad gehou en die tweede een op Maandag, 12 September in Johannesburg by St Stithians College.

Die 2015 Wêreldbeker-wenner, wat 1 598 punte in 112 toetse vir die All Blacks aangeteken het, sal sy talent tydens die toer ten toon stel met die klinieke wat op spelers tussen 13 en 21 jaar gerig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button