El-Flora hou markdag
Die El-Flora Hervormde Kerk het ’n suksesvolle markdag aangebied.
Die El-Flora Hervormde Kerk het op 26 April ‘n heerlike markdag aangebied.

Die mark het hope aanbiedinge vir die hele gesin gehad en ook vir plaaslike entrepreneurs die kans gebied om hul ware uit te stal.
Heerlike eetgoed was, soos altyd, die groot trekpleister. Daarmee gepaard was jolige musiek, ‘n gesigverf stalletjie, heelwat speelgoed, klere, tuisgemaakte goedere, en ‘n wonderlike speelplek vir die jongklomp.

Volgens die markorganiseerder, Line van Antwerpen, het sy die mark juis daarop gemik om die gemeenskap en plaaslike entrepreneurs bymekaar te bring.

“Ek mik om met die volgende mark selfs nog meer entrepreneurs met unieke en tuis vervaardigde goedere te kan lok,” sê sy.
Die mark was goed ondersteun met gesinne wat van vroegoggend tot laatmiddag heerlik rondgedrentel het, ouers wat na na winskope opsoek was en kinders wat in die speelarea baljaar het.



