Afrikaanse Protestante Kerk hou boeremark
Besoekers kan uitsien na 'n verskeidenheid vars produkte, 'n koektafel, springmielies, boereworsrolle, hamburgers asook tuisgemaakte konfyte en handgemaakte produkte.
Die Afrikaanse Protestanse Kerk hou kermis en hulle nooi die hele gemeenskap om saam hul fees te vier.
Die Boeremark sal op Saterdag, 26 November by die kerk te 855 Corlettlaan, Witpoortjie plaasvind.
Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid vars produkte, ‘n koektafel, springmielies, boereworsrolle, hamburgers asook tuisgemaakte konfyte en handgemaakte produkte. Daar sal ook natuurlik vir die jonger generasie voorsiening gemaak word.
“Daar sal vars groente en vleis en nog meer te koop wees. Daar sal ook ‘n veiling wees waarna besoekers kan uitsien,” het Martin Rossouw van die kerk vertel.
Die geleentheid sal na verwagting om 09:00 afskop.
Indien jy daarin belangstel om ‘n stalletjie te beman op die dag, of as jy meer wil weet oor die geleentheid, skakel gerus vir Martin op 082 720 8662.



