Local newsSchools

AfriForum en SECI by Lanternskool

AfriForum se teenboelieveldtogspan en SECI besoek Lanternskool.

Op 6 Maart het AfriForum se teenboelieveldtogspan saam met Serial and Electronic Criminal Investigations (SECI) besoek afgelê by Lanternskool om leerders op te lei rakende die gevare van sosiale media.

Lees ook: Good habits start early in the social media generation

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery, asook kuberafknouery in skole, hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Die leerders was veral ingelig oor die gevare rondom kuberafknouery, kinderpornografie en die gevolge daarvan en gevaarlike sosiale media toepassings,” het AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap, Leandie Bräsler vertel.

Lees ook: Anarchy-inciting social media posts may result in jail time

“Dit is belangrik om bewusmaking oor die gevare van sosiale media met leerders te bespreek, want soveel meer kinders raak daarby betrokke en hulle weet nie noodwendig watter gevare en trauma dit vir hulle kan inhou nie … Ons help kinders om sosiale media beter te verstaan, die gevare rondom dit, die gevolge wat dit kan inhou en hoe hulle dit so spoedig moontlik kan aanmeld,” het Johan Boshoff, adjudant-offisier van die polisie se Gautengse misdaadeenheid wat elektroniese oortredings ondersoek, verduidelik.

Sonja Lombaard, ‘n onderwyser by Lanternskool het gesê, “Die meeste kinders het toegang tot die internet, tegnologie en sosiale media, maar hulle besef nie altyd die gevare wat daarmee gepaardgaan nie. Hierdie praatjie het hulle bewus gemaak van die verskillende platforms.
“Leerders kon leer watter platforms gevaarliker is as ander en dat hulle nooit persoonlike inligting op sosiale media moet deel nie. Dit is ook belangrik dat hulle nie met vreemdelinge op aanlyn platforms moet klets nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button