Local newsSport

Grain Care en borge hou gholfdag vir liefdadigheid

Ongeveer 108 spelers regoor die Wes-Rand het bymekaargekom by die Ruimsig Buiteklub om Grain Care se gholfdag te ondersteun.

Grain Care het onlangs hul jaarlikse liefdadigheids gholfdag by die Ruimsig Buiteklub op Dinsdag, 9 Mei aangebied.

Projekbestuurder van Grain Care en een van die organiseerders van die gholfdag, Jackie van der Walt het gesê dat Grain Care ‘n geregistreede nie-winsgewende organisasie is wat ontstaan het uit die maatskappye Grain Carriers, neXgro, Grain Logistics en Themba Trans.

Grain Care fokus veral om ‘n verskil te maak in die lewens van mense in nood. Dit sluit in kinders (in verskeie Wes-Rand gemeenskappe, skole en kinderhuise), bejaardes en gestremdes. Hulle help ook met voedingskema projekte. Tydens die dag het ongeveer 108 spelers opgedaag om die gholfdag te ondersteun.

Jackie het bygevoeg dat die dag gehou word ten bate van verskillende liefdadigheidsprojekte.

“‘n Groot deel van hierdie jaar se fondse sal aangewend word vir kinders in nood. Grain Care het vyf aansoeke ontvang van kinders vanuit die gemeenskap met spesiale behoeftes. Onder andere word daar ook beplan om sover moontlik in hierdie nood en behoeftes van hierdie vyf kinders te voorsien en sodoende ‘n verskil in hul lewens te maak. Ook sal daar gefokus word om ander projekte by te staan, veral voedingskema projekte en projekte met bejaardes in nood.”

Sy het die gholfdag beskryf as uiters suksesvol waarvoor hul baie dankbaar is. Daar was verskeie maatskappye vanuit die gemeenskap wat as hoofborge opgetree het vir die dag en heelwat fondse is ook ingesamel deur ‘n veiling wat gehou was deur Wicus van der Merwe tydens die aandfunksie.

“Grain Care wil vir al die hoofborge, prysborge, putjie borge en al die gholfspelers baie dankie sê. Sonder hierdie borge vanuit verskillende maatskappye, sou ons nooit hierdie dag kon hou nie. Vir ons is dit regtig ‘n voorreg om so deel van hierdie borge te kan wees en waardeer elke bydrae opreg.”

Foto’s in die gallery hieronder:

Related Articles

 
Back to top button