Local newsSchools

Laerskool Horison spog met graad sewe entrepreneursdag!

Laerskool Horison se graad sewes het op 1 September aan 'n entrepreneursdag deelgeneem.

Die graad sewe-leerders van Laerskool Horison het op 1 September die geleentheid gehad om hulle sakevernuf op die proef te stel tydens die jaarlikse entrepreneursdag. Die leerders moes self marknavorsing en bemarking doen en ook hulle eie sakeplan opstel.

Shandré Hudson en Melissa Vogel.

Hulle moes ook hulle eie produkte en stalletjies ontwerp en maak. Op die dag het hulle die geleentheid gehad om hulle produkte bekend te stel en te verkoop.

Stephan Perold, Keanu van den Heever en Brenwill Tesner.

Volgens Laerskool Horison se kommunikasiebeampte, Annamien Smith het die leerders baie interessante en oorspronklike produkte gehad en die dag was ‘n groot sukses. Die leerders is vir hulle harde werk beloon met ‘n mooi wins vir die dag.

Bea-Ann Ehlers en Carmi Riep.
Colin Bisset, Lungelo Semele, Sean Orren en Carmen Koekemoer.
Wiaan van der Merwe en Tiaan Smit.
Imcke Nel en Chané Fourie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button