Local newsSchools

Laerskool Horison spog met rugbystreeksspan

Laerskool Horison sal deelneem aan vanjaar se Sentraal-Wes Streekskampioenskappe.

Leerders en personeellede van Laerskool Horison was onlangs gekies om deel te neem in die Sentraal-Wes-streekspanne om die skool te verteenwoordig.

Sestien seuns was opgeneem en hierdie seuns was tydens die afgelope proewe verkies om die streek by die 2023 rugbyklinieke te verteenwoordig.

Die klinieke het in Augustus, en op 2 September plaasvind en spelers was dan gekeur vir die Goue Leeus Rooi-groep. Vier van Laerskool Horison se seuns was in die Goue Leeus-rugbyspanne opgeneem.

Cayden Fourie, Luhann Venter, Nathan Gildenhuys, Rohan Buck en Ruvan Rautenbach is deel van die o11 A-span.

Lungelo Semele (o13 A-span), Brandon van Buuren (o13 C-span) en Frederick Zeelie (o13 C-span) was gekies vir die Goue Leeus se vyftientalle. Hulle het ook op in Junie in die Cravenweek in Pietermaritzburg gespeel.

Zayne Kruger, Tiago Menezes en Cor du Toit is deel van die o11 B-span.

Lungelo en Clayton Snyman was ook beide in die Goue Leeus Sewes A-span opgeneem. Hierdie span het op 9 September aan hulle eerste toernooi by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem. Lungelo was as Man van die toernooi aangewys en was beloon vir sy mooi spel met ‘n kontantprys.

Evan Coetzee, serkretaris en kliniekorganiseerder, Louis van Wyk, o12 A-span afrigter, Dillan van Wyk, o11 A-span afrigter, Reuben Janse van Rensburg, o11 B-span afrigter, en Thezaldt Tiedt, o11 A- en B-spanbestuurder.

In dieselfde asem was vyf van Hories se personeellede ook vanjaar aangewys as afrigters vir Sentraal-Wes Rugby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button