Local newsSchools
Havies gaan groen en goud vir die Bokke!
Laerskool Dr Havinga deel pryse uit vir die leerders wat die meeste ondersteuning gewys het vir die Springbokke.
Laerskool Dr Havinga vang gees vir Bokdag!
Met die Rugby Wêreldbeker wat almal aan die gons het, het die skool hulle ondersteuning gewys deur pryse uit te deel vir ‘n leerder van elke graad wat die meeste ondersteuning gewys het vir die Bokke, met hulle groen kleredrag.
Leonie van Niekerk, een van die onderwysers het gesê, “Havies gaan groen. Hier by ons skool is almal van klein tot groot bankvas agter die Bokke!”






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



