Local news

Sien Lianie May gratis by die Gaan GROOT Makietie

Populêre sangeres Lianie May tree by die Gaan GROOT Fees, by NGK Horison-Noord, op.

Geliefde sangeres Lianie May kom kuier eersdaags in Horison, en om saam te kuier gaan jou nie ‘n duit kos nie.

Lianie gaan op 1 Mei by die NG Kerk Horison-Noord se Gaan GROOT Makietie optree, en toegang is gratis.

Die kerk se leraar, ds Noël Shreuder, sê die makiete beloof vele pret en vermaak vir die hele gesin.

“Daar gaan ‘n groot verkeidenheid kos te ete wees, met kunswerkstalletjies, ‘n mini-dieretuin, perdry ritte, en baie meer.”

Shreuder nooi die hele gemeenskap om die dag saam met die NGK Horison-Noord te geniet.

Die makietie vind by die kerk wat op die hoek Crane en Pigeonstraat, Horison, geleë is, plaas.

Related Articles

 
Back to top button