Local news

Nuwe leraar vir NG Horison-Noord

Die NG Horison-Noord stel hul nuwe leraar aan die gemeenskap voor.

Die NG Kerk Horison-Noord het onlangs ds Noël Schreuder as die nuwe leraar van die gemeente bevestig.

Volgens Noël het die Horison-Noord gemeente die afgelope tyd vele uitdagings deur geloof en vasberadenheid oorkom.

“Die gemeente is op die herstelpad en heropbou om weer waarlik ‘n kerk van Jesus Christus te wees, en ons is opgewonde om te sien hoe die Heilige Gees besig is om nuwe lewe in die gemeente te wek,” sê hy.

“Ons streef daarna om ‘n geestelike tuiste te wees waar gelowiges werklik die teenwoordigheid van God kan ervaar. Of jy nou iemand is wat al jare deel van ons gemeente is of iemand wat soekend is, daar is vir jou ‘n plek by ons.”

Noël het die gemeenskap genooi om op Sondagoggende om 8.30 by hul eredienste aan te sluit.

Related Articles

 
Back to top button