Local news

Constantiakruin kermis sorg vir groot pret

Die NG Kerk Constantiakruin se jaarlikse kermis het weereens groot aftrek onder die plaaslike gemeenskap geniet.

Die NG Kerk Constantiakruin het op 1 Mei hul jaarlikse kermis gehou.

Die gewilde kermis is goed bygewoon met elke moontlike parkeerspasie in al die strate rondom die kerk reeds vroegdag al gevul.

Laatkommers moes maar hul bene rek en ‘n ent stap om die verrigtinge by te woon.

Laerskool Horison leerders Danika Oberholzer, Bernice Coetzee (onderwyseres), Willow James, en Mijuan Badenhorst by hul stalletjie. Die leerders is huidiglik besig om geld in te samel vir hul opkomende netbaltoer.

Die tema vir die kermis was ‘Gold Rush’, ‘n pret speeling op die Wilde Wes-Rand.

Die stalletjies was werklik indrukwekkend, met ‘n wye verskeidenheid van kos, koeldrank en koffie, tot klere, speserye en souse, kuns, plante, boeke en vele meer te koop.

Soos altyd by ‘n kermis was die pannekoekstalletjie ‘n gunstelling. Hier is Annie van Schalkwyk druk besig om heerlike pannekoeke voor te berei.

Die binneshuise stalletjies het ‘n tombola tafel, ‘n fotohokkie en meer ingesluit.

Natuurlik was daar ook ‘n wye verskeidenheid heerlike disse en lekkernye beskikbaar. Oudergewoonte was die pannekoekstalletjie baie gewild. Daar was ook plaaslik geproduseerde jenewer en olyfprodukte om maar ‘n paar te noem.

Die “Seremoniemonster” soos hy homself op die dag gedoop het: Ronald King het feesgangers heeldag ingelig gehou.

Die aktiwiteite wat die kerk aangebied het was stampvol, met ‘n groot verkeidenheid, en demonstrasies op die dag. Daar was speletjies wat beide kinders en ouers laat skater het, en verskeie pryse wat gewen kon word.

Penny Essafrau en Alias Moyo by hul stalletjie tydens die NG Kerk Constantiakruin kermis.

‘Seromoniemonster’ Ronald Kings het kermisgangers heeldag op hoogte gehou van gebeure en het met pittige sêgoed, grappies, en staaltjies, die gees tydens die kermis hoog gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button