Local news

Lianie May neem Horison op horings

Bekende Afrikaanse sangeres vermaak kermisgangers in Horison.

Bekroonde sangeres Lianie May het op 1 Mei vir groot vermaak by die NG Kerk Horison-Noord gemeente se jaarlikse kermis gesorg.

Die immergewilde sangeres het met stories, staaltjies, en natuurlik al haar grootste treffers, kermisgangers op hul voete gehad.

Lianie het tydens haar optrede veral onder jonger ondersteuners aanklank gevind, en teen die einde van haar vertoning was die verhoog stampvol jong aanhangers wat aan haar elke woord gehang het, en luidkeels elke lied saam gesing en gedans.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button