Local newsUpdate

Skielike afsterwe laat groot leemte

Roodepoort-gemeenskap in rou gedompel na George Wilhelm se skielike afsterwe.

George Wilhelm (46) het diep spore in Roodepoort getrap en die nuus van sy afsterwe op 10 Mei het huldeblyke op sosiale media laat instroom. George was as inspekteur by die JMPD werksaam, en was ook welbekend as die rofstoeier, The Xterminator.

Hy het ‘n groot impak op elkeen met wie hy in aanraking gekom het, gemaak en vir baie mense was hy ‘n rolmodel.

Belinda Allen, George se suster, het hom beskryf as ‘n man wat taai en sterk van buite was, maar sag van binne.

“Sy grootste liefde was sy vrou, Christa, sy Rotweilers, sy werk en ook stoei. Sy boodskap aan die wêreld was dat almal, maak nie saak uit watter agtergrond jy kom nie, jy verantwoordelik was vir jou sukses en dat jy jou drome en mylpale deur harde werk en deursettinsgvermoë kan bereik.”

• Lees ook: WATCH: Goodbye, gentle giant

Die gemeenskap het vir George geken as die JMPD held; die no nonsense inspekteur of die taai en geliefde stoeier X-Terminator.

“By die huis was hy Christa se ‘skapieq’, sommige familie en vriende se ‘vettie’ of net Georgie. Vir die wêreld en die gemeenskap was hy dalk soms untouchable, maar hy was net mens, met foute, goeie eienskappe, en diep seer, maar ook so baie om te bied,” het Belinda vertel.

Die ding wat Belinda die meeste gaan mis, is sy attitude, sy liefdevolle drukkies en sy manier hoe hy vir haar sou sê dat hy haar lief het.

“George se nalatenskap sal vir nog baie jare in die gemeenskap onthou word. Hy was heeltemal te vinnig van ons weggesteel, maar sal altyd in ons harte wees.”

Steve Eden en George Wilhelm.

Steve Eden, die eienaar van Honour Wrestling Association (HWA), het gesê, “Ek en George ken mekaar vir langer as 25 jaar, en ons het vir 21 jaar saam gestoei. Hy het HWA saam met my op die been gebring nege jaar gelede. Hy was meer as net ‘n vriend, hy was my broer.”

Steve het hom beskryf as ‘n groot man met ‘n klein hart, wat nooit geskroom het om iemand te help nie.

“Hy het daarvan gehou om grappe te maak, maar hy het nooit vergeet waar hy grootgeword het nie, en het niemand geoordeel nie.”

Donovan Blignaut, ook bekend as The LoudMouth.

Donovan Blignaut, ook bekend as The LoudMouth, ‘n medestoeier by World Association of Wrestling South Africa, het die volgende oor hom gesê, “Ek gaan die lang road trips mis, waar ons oor alles gepraat het, behalwe stoei. Sy nalatenskap in die professionele stoei-arena is groot en sy afwesigheid los ‘n groot gaping, wat lank sal vat om the vul.”

Related Articles

 
Back to top button