Local news

Sandilands toer Land en Sand by Silverstar

Neil Sandilands het as deel van sy wintertoer 'n draai by die Silverstar se Barnyard gemaak.

Asof internasionale filmster, die plaaslik geskoolde Neil Sandilands, nie besig genoeg is nie, hou hy nou deesdae sy lyf musikant ook.

Sandilands het op 25 Julie by die Barnyard-teater by Silverstar opgetree as deel van vanjaar se wintertoer en gewys hoekom sy gewildheid veel verder strek as net sy uitstaande toneelspel in Hollywood-flieks soos News of the Day en Kingdom of the Planet of the Apes.

Neil Sandiland op die verhoog by die Barnyard-teater, Silverstar.

Hy het tussen 2021 en 2024 al vyf albums vrygestel. Sy nuutste offer, Land en Sand, is binne die bestek van twee weke opgeneem en vrygestel om betyds te wees vir die toer, wat hy oudergewoonte saam met van die land se top musikante aanpak.

Die toer strek oor 40 dae en nagte en bestaan uit 36 optredes. Dit is dus op ‘n skaal wat deesdae maar min in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf aangepak word.

Internasionale filmster en deesdae bobaasmusikant, Neil Sandilands.

Met Frank Freeman van VOLK-faam op kitaar, Schalk Joubert op baskitaar en Ronan Skillen op perkussie, het Sandilands die Silverstar-gehoor op die punte van hul stoele gehad, met bekende liedjies soos Rooigrond, Huistoe, en Goue Graal. Sy nuwe werke, wat insluit Hespibah en Lei my na die water beloof om ook gunstelinge te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button