Local news

Toneelstuk maak opslae by NG kerk

Die NG Gemeente Quellerina se toneelstuk, Die Voorhangsel Skeur, het toeskouers meegesleur en diep geraak.

Die NG Gemeente Quellerina het op 16 en 17 Mei hul toneelstuk, geskryf deur bekroonde akteur en gemeentelid Simon Bruinders, aangebied.

Die produksie, getiteld Die Voorhangsel Skeur, bied ’n vars perspektief op die Paasgebeure en speel af in die 50 dae ná die kruisiging van Jesus.

Volgens produsent Emil Gryffenberg fokus die verhaal op die ongeloof van Thomas, vertolk deur Simon Bruinders, teen die agtergrond van die vrees en onsekerheid onder Jesus se volgelinge in dié tyd.

‘n Toneel uit Die Voorhangsel Skeur. Foto: Johan Meyer 

e stuk is die perspektief van Lasarus en Jairus se dogter, Talitha. Omdat albei deur Jesus uit die dood opgewek is, is hulle van die eerstes wat glo dat Hy uit die dood opgestaan het, omdat hulle self verstaan dat dit moontlik is,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die belangrike rol van vroue in die vroeë groep gelowiges uitgebeeld word deur Moeder Maria, Maria Magdalena en Zenobia.

“Die spanning in die stuk word verder ontwikkel deur die ervarings van drie dissipels, Petrus, Johannes en Matteus,” het Gryffenberg gesê.

“Een van die hoogtepunte was die sangduet deur Simonè en Marguerite. Ander sleuteltonele wat die gehoor geraak het, sluit in die verhoor van Jesus voor Pontius Pilatus, Petrus se verloëning van Jesus, en Simon van Sirene wat besef die Nasarener is die verwagte Messias.

“Dit alles bou op tot die klimaks waar Thomas die opgestane Jesus sien, besef dat die opstanding werklik plaasgevind het, en sy ongeloof bely.”

LEES OOK: BEPR supports rescued penguins donation drive

Akteurs in aksie tydens die optrede. Foto: Johan Meyer 

Die akteurs is ondersteun deur treffende oudiovisuele elemente, sowel as professionele klank en beligting wat kosteloos verskaf is deur mede-akteur en seun van Simon Bruinders, Alvin Bruinders.

Volgens Gryffenberg het die produksie ’n sterk reaksie by gehore ontlok.

“Baie mense het ná die tyd gesê die stuk het hulle diep geraak en dat hulle ander wil aanmoedig om dit te kom sien,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die sukses van die eerste twee vertonings die span genoop het om die produksie in ’n groter teater op te voer.

“Ons wil die Evangelie deur die kuns van teater in Afrikaans versprei en doen ’n beroep op beskermhere van die kunste om die projek finansieel te ondersteun sodat ’n groter gehoor dit kan sien,” het hy gesê.

Vir meer inligting, kontak Emil Gryffenberg by emil@gryffen.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button