Schools
Havie-danser beïndruk in Spanje
Sy was ook bevoorreg om wêreldbekende stede soos Barcelona, Nice, Cannes, Monaco en Monte Carlo te besoek.
Laerskool Dr Havinga is trots op een van hul leerders, Zihandri Lange wat onlangs deel was van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Mediterranean Dance Festival deelgeneem het.
Die kompetisie het gedurende die vakansie in Spanje plaasgevind. Daar het Suid-Afrikaanse spanne teen ses ander lander gekompeteer vir die eerste plek. Zihandri het aan ses danse deelgeneem en vir almal bo 90% ontvang – vir drie danse het sy bo 95% gekry is en vir twee 99%.
Sy was ook bevoorreg om wêreldbekende stede soos Barcelona, Nice, Cannes, Monaco en Monte Carlo te besoek.
Die Havie-familie wens vir Zihandri baie geluk met haar puik prestasies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



