KidsPrimary SchoolSchools
Kruiner-familie kondig nuwe hoofleiers aan
Die leiers meen hulle is gereed om die leisels oor te neem en sien uit vir die jaar wat voorlê.
Laerskool Helderkruin het onlangs hul leiers vir volgende jaar gekies en die leerders is reg om te wys wat in hulle steek.

Voor: Minke Cronjé, Amy-Jessica le Roux en Jayden Barker. Foto: Alanicka Lotriet.
Die groep leerders was egter in hul skik toe die hoofleiers vir die jaar 2023 aangekondig is. Die onderhoofdogters is Minke Cronjé en Amy-Jessica le Roux en die onderhoofseuns Jayden Barker en Jan-Hendrik Lombard.

Die paartjie wat die skool sal verteenwoordig as hoofdogter en -seun is niemand anders as Anje Stahmer en Janu Henning nie.
Die leiers meen hulle is gereed om die leisels oor te neem en sien uit vir die jaar wat voorlê.



