Schools

ATKV Arendsnes kweek Wakker Wagters

Wakker Wagters is 'n algemene veiligheidskonsep van die ATKV Arendsnes tak, waar jongmense geleer word hoe om algemene gevaarsituasies veilig te hanteer.

Die ATKV Arendsnes-tak het op afgelope Saterdag hul Wakker Wagters geleentheid by die Laerskool Horison aangebied.

Die geleentheid mik om paraatheid onder veral jongmense in hul elkedag lewens te bevorder.

Volgens takvoorsitter Monique Brink, gaan dit daaroor om gesinne op te lei om paraat te wees in hul daaglikse lewens, en om te weet hoe om algemene gevaarsituasies veilig te hanteer.

Die Strobel gesin; ma Ronel, pa John, Monay (13), en Zane (10).

“Mense word in groepe opgedeel en spandeer tussen 15 en 20 minute by elke stalletjie waar daar aan hulle inligting en basiese opleiding verskaf word oor hoe om met die mees algemene gevaarsituasies te kan deel,” sê Brink.

Stalletjies het ingesluit Bee Save, waar mense geleer het hoe bye en byekorwe werk, en wat mens te doen staan indien jy op ‘n bynes afkom, of deur ‘n by gesteek word.

Die ATKV Arendsnes-span, Henriette Noortman, Leandra van Wyk en Monique Brink.

African Reptiles and Venom se Hein Henning het sy uitgebreide slangkennis gedeel deur ‘n interessante praatjie en selfs ‘n persoonlike ontmoeting met ‘n paar slange. Hein het inligting gedeel oor die verskillende soorte skadelike en nie-skadelike slange wat in Suid-Afrika voorkom, die drie veskillende tipes slanggif, en die behandeling van slangbyte.

“Natuurlik is eerste prys om jouself nooit in ‘n posisie te plaas waar jy die risiko van ‘n slangbyt mag loop nie,” sê Hein.

Wynand Fritz van ADT Fire Secure.

Die NG Kerk Constantiakruin se stalletjie het gehandel oor emosionele en spirituele veiligheid, en plaaslike tradisionele dokter Andrè Brink, het meer uitgebrei oor natuurlike medisyne en behandelinge.

Die Helderkruin Voortrekkers in allerlei interessante veiligheids- en oorleweingstegnieke gedeel en Elsie Mostert van CRD Health and Safety Solutions het kinders geleer hoe om KPR veilig toe te pas.

ER24 se nooddienspersoneel het ‘n insiggewende praatjie gelewer en hul ‘ambulanstoer’ het groot aftrek onder veral die jonger besoekers geniet.

ADT Fire Secure het met jongmense gesels oor vuurveiligheid en demonstrasies aangebied oor hoe om ‘n vuur veilig te blus. Besoekers het hulle nie twee keer laat nooi vir ‘n kans om self die brandblustoerusting te kan gebruik nie.

Hein Henning van African Reptiles and Venom.

Help24 het met besoekers gesels oor algemene veiligheid en paraatheid teen misdadigers.

Die dag is ook ondersteun deur plaaslike gemeensakpsorganisasies in die vorm van die Horison Buurtwag en Florida Block Watch.

Irahney en Amelie Schutte.

Deelnemers het aan die begin van die ‘opleidingsroete’ elk ‘n sertifikaat gekry wat na afloop van elk van die sessies by die onderskeie stalletjies onderteken is. Met die voltooiing van die roete, verdien deelnemers dan die titel van Wakker Wagter.

“Die geleentheid was ‘n groot sukses,” sê ATKV Arendsnes kommiteelid Leandra van Wyk. “Kinders en hul ouers het die dag terdeë geniet en kan nou op ‘n veilige wyse met algemene krisis-situasies deel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button