Schools

Hories se spreekkoor domineer kunstefees

Kompas Kunstefees keer terug na Roodepoort skole.

Die Kompas Kunstefees is vanjaar weer in volle swang en Laerskool Horison se talentvolle spreekkoorleerders het besonder goed presteer in hul onlangse uitvoering.

Hierdie is ‘n nuwe fees wat Die Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging (RAK) vervang het wat altyd in die verlede plaasgevind het, en dit word in ‘n aantal skole in Roodepoort aangebied, soos Laerskool Helderkruin, Laerskool Horison, Laerskool Roodekrans en Laerskool Florida, net om ‘n paar te noem.

Die kompetisie het op 15 Julie afgeskop en ‘n aantal leerders van verskillende skole het dit in hul onderskeie kategorieë soos poësie, koorverse, skilderye, tekeninge en ander kulturele items uitgespook.

Op Vrydag, 20 Julie het drie uit vier Laerskool Horison spraakkore opgetree, en al drie hierdie spraakkore het diplomas (A++) vir hul optredes verwerf.

“Die spraakkore het in pare opgetree en het uit verskeie grade bestaan. Ons is geweldig trots op al hierdie leerders en hul afrigters wat so hard gewerk het, ” het Maria-Lise Pieters van die skool se bemarkingspan gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button