Een van die inwoners van Olifansnek het ondersoek ingestel nadat hy twee sakke in die veld gesien het.
Die honde was ernstig siek, maar steeds lewendig. In elke sak was ‘n hond. Ongelukkig, weens die toestand waarin die honde was, moes hulle uitgesit word.
Enige persoon met inligting kan die Rustenburg DBV by 014 592 3131 skakel om hulle te help om die skuldige persoon vas te trek.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



