News

So sal die brandstofprys in November styg

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het gister sy voorspellings vir die brandstofprys in November bekendgestel en daar is weer eens nie goeie nuus vir brandstofverbruikers nie.

Die prys van petrol het sedert die begin van Oktober met byna 20 sent per liter gedaal, maar die rand se verswakking teenoor die Amerikaanse dollar het tot ‘n verhoging van 22 sent per liter gelei. Die wisselkoers het dus die daling in prys geneutraliseer en sal petrol na verwagting met 2 sent per liter styg.

Volgens die AA sal die prys van diesel selfs duurder wees, aangesien die interansionale prys van diesel met 6 sent per liter meer is. Diesel kan na verwagting teen einde Oktober met 28 sent per liter styg en paraffien met 20 sent per liter.

Die inligting is baseer op petrolprysdata wat in die middel van die maand deur die Sentrale Energiefonds (SEF) vrygestel is. Die AA sê die jongste inligting wys hoe kwesbaar Suid-Afrikaanse-brandstofverbruikers is vir politieke en ekonomiese kwessies wat die rand negatief beïnvloed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Sedibeng Ster in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button