NewsSchools

Hoërskool Suid-Natal leerlinge ‘staak’

Leerlinge kry praktiese instruksie om ’n vakbond te stig en behandel.

DIE graad nege ekonomiese en bestuurswetenskappe groep van 2013 het vir ‘n dag vol opwinding gesorg toe hulle volgens die leerplan ‘n ‘staking’ gehou het.

Adri Keyser het die afgelope kwartaal die moeilike begrippe soos vakbonde, stakings, intimidasie, beskerming en onderhandelings met die graad neges tydens klastyd behandel. Sy het stap vir stap eers aan die leerlinge verduidelik hoe om ‘n vakbond te stig en toe die proses van griewe, onderhandelings en oplossings vir die griewe behandel.

Om die begrippe beter te verstaan is daar toe besluit om dit prakties uit te voer. ‘n Staking is by die skool gereël (met die nodige toestemming) en onderhandelings het vreedsaam tussen die bestuurspan van die skool en vakbondleiers plaasgevind. Met puik samewerking van die polisie, het leerlinge’n baie meer realistiese persepsie van stakings gekry.

Komende gebeure,13-14 September: Prefektekamp te Sweetdale

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button