’n MOBIELE planetarium het Suid-Natal Primêr besoek en die tema, “Hoe groot die heelal is”, het grade 4 tot 7 leerlinge verwonderd gelaat. Die leerlinge het dit ook geniet om in die koepelvormige tent in te kruip, waar ‘n hele graad, met gemak, kan inpas.
Verlede Vrydag, met ‘Nasionale Landsdiensdag’, het die skool ook sommer die 99ste bestaansjaar van landsdiens gevier. SNP se landsdiens bestuur het die dag begin met ’n vlagparade. Gedurende tweede pouse was die personeel bederf met vis en skyfies en ‘n kaartjie met sjokolade om dankie te sê vir die jaar se hulp en ondersteuning.
Die gr 7 landsdieners het na skool geskenkies ontvang en met ‘n heerlike piekniek afskeid geneem. Die Suidie landsdieners is voorwaar die beste in Suid-Afrika.
Die gr Re het laas Vrydag hulle gesinstap gehou met goeie ondersteuning van die ouers. Die kleintjies het die oefening saam as ’n groep vreeslik geniet.

