NewsSchools

Suid-Natal Primêr beloon harde werkers

Dit is met ’n swaar hart waarmee die skool totsiens sê aan Martmarie Bouwer.

SUID-NATAL Primêr het verlede Woensdagaand die jaarlikse prysuitdeling gehad waar grade 4 tot 7 leerlinge beloon is vir harde werk op die gebied van akademie, kultuur en sport. Vele boekpryse en balkies is deur oudleerlinge soos Colyn Grobler, Nalia Grobler, Luné van Wyk, Christopher Bredell, en eregas Wim Buitendagh (voorsitter van beheerraad), oorhandig.

Suidies (van links) dux Charles Thompson (beste swemmer), Keanu Goosen (beste rugbyspeler), Ashke Theron (beste senior netbalspeelster), Louis Greyling (beste krieketspeler), Michelle Kretzschmar (sportdogter en beste atleet) en Marizane Wagenaar (beste hokkiespeelster). (Afwesig is ‘sportseun van 2013’, Arno Smith, en mede-kameraadskapstoekenningwenner, Barnie Botha).

Trotse Suidies (van links) Marlize Middleton (kameraadskap), Cara du Plessis (naas dux en prinsipaaltoekenning vir goeie, positiewe gesindheid), dux Charles Thompson, Thinus Bester (veelsydigste junior seun), Marizane Wagenaar (Suidie staatmaker van die jaar), Cindi-Mari Buitendagh (kultuur), Melissa Morrison (landsdiens en veelsydigste senior dogter) en McKayla du Bruyn (veelsydigste junior dogter).

Dit is met ’n swaar hart waarmee die skool totsiens sê aan Martmarie Bouwer wat vir amper 20 jaar in die kantoor werksaam was. Hoewel die skool haar vreeslik sal mis, wens almal vir haar en haar man ‘n rustige aftrede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button