SUID-NATAL Primêr moet totsiens sê aan twee onderwysers, Johan Ackerman en Glodi Klopper. Mnr Ackerman was die afgelope vyf jaar aan die LSEN-afdeling verbonde en was baie betrokke by kultuur en sport gewees. Verder het hy die sokker by Suid-Natal begin, gholf aangebied en ’n lang pad saam met die kultuurspan gestap. Die skool sal beslis sy kreatiewe skryftalent mis.
Mej Klopper verlaat Suid-Natal na drie jaar se diep spore wat sy hier by die skool getrap het. Sy was altyd bereid om meer as die ekstra myl te stap en dis moeilik om iets uit te sonder, want waar daar iets aangepak was, was sy daar. Sy het soveel ure op die sportveld ingesit, veral netbal en swem, en op die kultuurgebied was sy ’n besliste aanwins in die klankkamer as choreograaf gewees.
Beste wense vergesel albei onderwysers en alle seën en voorspoed met hulle nuwe uitdagings is aangewens.
