NewsSchools

Suid-Natal Primêr se getalle groei

Die eerste kwartaal se monitors is gekies en is vroeg al goed toegerus vir hulle vele diensbeurte.

SUID-NATAL Primêr het 2014 met ‘n groot inname van nuwe leerlinge begin en getalle groei steeds.

Die eerste kwartaal se monitors is ook gekies en is sommer vroeg al goed toegerus vir die vele diensbeurte wat hulle gaan verrig. Vrydagmiddag, tydens die opleidingssessie, is hulle goed touwys gemaak oor leierskapstyle en eienskappe. Die middag is afgesluit met spanbou en lekker speletjies.

Die nuwe jaar het ook nuwe personeel gebring en die skool verwelkom graag Elmarie Pieterse (gr 6), Lelanie Joubert (gr 6), Nataschia Beukman (gr 3), Esmari Swanepoel (onderwyshulp) en Jacques Coetzee (onderwyshulp en sport), en vertrou dat hulle vinnig sal inskakel by die Suidiefamilie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button