BAIE geluk aan Hoërskool Suid-Natal se Diaan Bester wat aan die KZN karate proewe deelgeneem en gekwalifiseer het. Diaan verwerf dan ook ‘n goue medalje in kumitei en die skool wens hom baie sterkte toe wanneer hy die komende naweek aan die SA-Kampioenskappe in Bloemfontein deelneem.
Hoërskool Suid-Natal is baie trots op Verae Kritzinger wat ‘n eerste plek vir die O-17 dogters tydens ‘n tweekamp-byeenkoms by Creston College behaal het.
Suidies krieket vs Creston het die O14 span sien verloor met ses paaltjies. Die beste kolwer was Leenan le Roux met 25 lopies en die beste bouler was Rudi Helleweege met drie paaltjies
Die eerste span het verloor met een lopie, maar dit was ‘n uitstekende wedstryd wat heeltyd wipplank gery het. Beste kolwer was Josh du Plessis met 28 lopies van 38 balle en beste bouler was Hennie van Jaarveld, wie nege vir drie met die boulwerk uitgeblink het in vier beurte.
Komende gebeure: Januarie 30 – Skoolgala, Januarie 31 – gr 8 oorslaap, landsdienssokkie en atletiek – Menlopark; krieket 1ste, O14 en O15 vs Creston College; aandreeks rugby vs Ashton; netbal vs Port Natal. Februarie 1 – Cansa Relay for Life – Norwegian Settlers’ 5nm. Februarie 5 – Co-ed gala, Kingsway; krieket 1ste vs Southcity en, Februarie 6 – gr 8 ouerinligting en krieket O14 en O15 vs Southcity.
