HOëRSKOOL Suid-Natal het verlede Vrydag ‘n heerlike en suksesvolle gala gehou en al die swemmers was positief en vol ywer om net hulle beste te lewer. Toeskouers het gesorg dat al die swemmers positief aangemoedig word. Daniélle Smith het vier rekords in verskeie items gebreek en Charles Thompson het ook gesorg vir twee nuwe rekords waarvan die rugslagrekord al vir 33 jaar gestaan het. Die skool bedank Powerade vir die borg van sambrele en vlae en Status Paneelkloppers vir die swemmers se afdakke.


Oko Qwesha, Bronwin van Rooyen en Luan Bester het op 31 Januarie na Pretoria vertrek en op 1 Februarie op die Pildich stadion deelgeneem as deel van die Pietermaritzburg en distriktespan.
Sports uitslae vir die week behels netbal waar die Suidies se 1ste span 20-42 teen Port Natal verloor het, in tweekamp het Verae Kritzinger eerste plek behaal tydens die byeenkoms en Diaan Bester het KZN verteenwoordig in SA Karate en uitstekend presteer.
Komende gebeure: Februarie 6 – gr 8 ouerinligtingaand, O14 en O15 krieket vs Southcity; Februarie 7 – netbal aandreeks vs PSHS (3.30nm) en rugby vs New Forest (6nm); Februarie 8 – Krieket 1ste O14 en O15 vs Southcity; Februarie 10 en 11 – debating; Februarie 12 – aandgala Kingsway en hokkie O14 proewe; Februarie 13 – krieket 1ste vs Scottburgh, Valentynsokkie en Landsdiens Klubkamp.
