SUID-NATAL Primêr se graad R leerlinge het die jaarlikse glybaan baie geniet en die week sommer op ‘n koel hoogtepunt afgesluit.
Die rugby-, hokkie- en netbalspanne het Donderdagaand aan ‘n aandreeks by Gelofte deelgeneem en hul baie goed van hulle taak gekwyt. Suidies het die hokkie teen Athol Heights 1-0 gewen, netbal teen Gelofte 15-13 gewen, maar die rugbyspan het ongelukkig punteloos uit die stryd getree.
Die eerste krieket span het ook gedurende die week teen Southcity gespeel waar ‘JP’ du Preez vir puik boulwerk gesorg het. Die tweede span het ook teen Southcity met 23 lopies gewen. Reynecke de Wet het gesorg vir ‘n drie kuns, terwyl Brandon Coleman 20 lopies behaal het.
