NewsSchools

HSN is gereed vir die sportseisoen

Na die Valentynsokkie was daar nog genoeg energie vir 'n klubkamp oorslaap.

SUIDIES het hokkie teen ‘n sterk Gelofte span gespeel en 2-1 gewen. Speler van die wedstryd was Carmen Botha. HSN se eerste netbalspan het hulle harte uitgespeel, maar kon nie die mas opkom nie as gevolg van die ‘beseringspook’. Ten spyte van die verloor van 18-33 teen Amanzimtoti, is die span reg vir die seisoen.

Suidies se eerste krieketspan het 245 lopies teen Scottburgh gemaak. Scottburgh was uitgeboul vir 30 lopies in vyftien beurte. Beste kolwer, Müller Booyens, 75 lopies. Beste bouler, Hennie van Jaarsveld, 7 paaltjies vir 11 lopies. Suidies wen met 215 lopies.

Landsdiens het daarin geslaag om die versengende hitte op te vrolik met Valentynsvieringe en het afgeskop met ‘n Valentynsokkie. Groot was die opgewondenheid om ‘n Valentynsgeskenkie van ‘n onbekende bewonderaar te ontvang.

Hoërskool Suid-Natal leerlinge (van links) Marcelle Theron, Müller Booyens, Danielle Bornman met Frieda Grobbelaar voor, het die sokkie baie geniet.
Hoërskool Suid-Natal leerlinge (van links) Marcelle Theron, Müller Booyens, Danielle Bornman met Frieda Grobbelaar voor, het die sokkie baie geniet.

Komende gebeure: Februarie 20: groentjiekonsert en krieket O14 en O15 vs Ontwikkeling; Februarie 21: aandreeks hokkie vs Port Natal, en rugby vs Durban Noord Kollege; Februarie 22: skaakkampioenskap (HSN), en krieket 1ste, O14 en 0/15 vs Werda; Februarie 25: debating round 2; Februarie 26: co-ed gala – Kingsway, en krieket vs South Coast Academy

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button