NewsSchools

Suid-Natal Primêr stel nuwe rekords

Die Rooispan het die sterkste geswem en albei galas gewen.

SUID-Natal Primêr se interhuisswemgalas het baie goed afgeloop in lieflike sonnige weer vir al twee geleenthede. Nuwe rekords is opgestel deur Rafe Lombard, Liam Botha, Michelle Kretszchmar, Suné de Wit en Arno Smith. Daar was ook nuwe rekords opgestel in die O13 dogters se kruipslag aflos en die leeraflos. Die Rooispan het die sterkste geswem en albei galas gewen.

Baie geluk aan die Midmarmyl-swemmers Michelle Kretzschmar, André Nell en Carla Kretzschmar, wie almal medaljes verower het.

Die O10 krieketspan het teen PS Senior Primary gespeel en eerste gekolf. Sheppie teken 47 lopies aan vir 6 paaltjies. In Suidies se boulbeurt, steek SNP hulle in die negende beurt verby om die wedstryd te wen. Zachlu Coetzee word aangewys as man van die wedstryd. Die O11 wedstryd teen Port Edward Primary het ongelukkig uitgereën maar die O13 span het in 20 boulbeurte 161 lopies aangeteken teen Port Edward se 62.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button