NewsSchools

HSN swemmers bereik sewende plek

Gr 8 leerlinge het afgeskop met 'n program oor wat in hoërskool verwag word.

SUIDIES se swemspan het aan die Afrikaanse Skole Gala te Kingspark in Durban deelgeneem. Charles Thompson, Danielle Smith, Marizane Wagenaar en Ashke Theron het hulle beste gelewer en elke keer in die top drie geeindig. Suidies bereik sewende plek vanuit 10 skole.

Verlede Donderdag het Suidies ‘n baie suksesvolle oriënteringsprogram afgesluit met ‘n groentjiekonsert en prysuitdeling, waartydens Marizane Wagenaar en Hein Vos onderskeidelik as ‘Mejuffrou en Meneer Minion’ aangewys is.

Geluk aan Nel Cilliers, Micaela Comins, Stian Vermaak en juffrou Marike Durrheim wat silwer medaljes ontvang het in die Midmar myl. Verae Kritzinger word in die KZN tweekampspan 2014 opgeneem.

HSN rugby vs Durban Noord Kollege andreeks: Josh du Plessis en Nicolodus Potonas het vir die drieë gesorg en Bennette Meyer is as speler van die wedstryd aangewys. Suidies verloor 12-23.

Diaan Bester het laas week aan die Karate SA Open Championships deelgeneem en derde plek (brons) vir kata en tweede plek (silwer) vir kumitei behaal.

Komende gebeure: Februarie 28: aandreeks hokkie vs Durban Noord Kollege 2.45nm; rugby vs Kloof 5nm, en netbal vs Gelofte 6.30nm. Maart 1: krieket 1ste, St Patrick’s naweek, Kokstad, en hokkie KZN en aQuelle toernooi, King Edward. Maart 3: hokkie O16 – Ugu proewe. Maart 4: hokkie O18 Ugu proewe, en debating round 3. Maart 5: Co-ed gala, Kingsway; krieket 1ste vs Sheppie High; hokkie O16 Ugu proewe; Mart 6: netbal, ward proewe; Rotary Team Talk (prelims); hokkie O18 Ugu proewe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button