TEATERGROEP, Produksie 2000, het hul jaarlikse opvoering by Suid-Natal Primêr gehou. Met groot vermaak dra hulle altyd ‘n baie waardevolle lewensles oor aan leerlinge.
Suidies se swemmers was baie bedrywig verlede week. Woensdag was dit gala by Southcity en Vrydag het hulle weer by Port Natal gaan deelneem, en hulle puik van hul taak gekwyt. Baie dankie aan al die ouers wat die skool geondersteun het.
SNPS het die afgelope paar weke aan ‘n hokkie-, netbal- en rugbyaandreeks by Gelofte deelgeneem. Hierdie reeks wedstryde bied geweldig baie ontwikkelingpotensiaal aan leerlinge. Die skool is trots op die netbal- en rugbyspanne wat hierdie Vrydag (7 Maart), aan die finale deelneem.
Die afgelope naweek het grade 1, 2 en 3 seuns hulle kolf- en boulvernuf ten toon gestel tydens ‘n baie suksesvolle mini kriekettoernooi, waar baie buurskole deelgeneem het en ouers het hard gewerk het om die skool goed te ondersteun.

