SUIDIES het die naweek aan die St Patrick’s krieket toernooi in Kokstad deelgeneem, al wedstryde gewen en deurgedring na die semi-finaal. HSN wen die semi-finaal teen Ashton en speel teen Sheppie High in die finaal, maar verloor ongelukkig en behaal dus ‘n tweede plek uit tien skole in die toernooi. Hennie van Jaarsveld word aangewys as die beste kolwer tydens die toernooi.
Rugbyraai: Die gelukkige wenner van die rugbyraai R500 is Herman Nagel en Christiaan Venter ontvang die prys van R150 vir die meeste lootjies verkoop.
Verlede naweek was ‘n besige naweek vir die ‘hokkie-bokkies’, wie Vrydagaand tydens die aandreeks Durban Noord Kollege aangepak en gelykop gespeel het.
Saterdagoggend was ons al vyfuur op pad na Matatiele toe om aan die Spar toernooi deel te neem. Die hokkiedogters het vyf wedstryde gespeel waarvan hulle drie gewen het, een gelykop gespeel en een verloor het. Hoërskool Suid-Natal eindig vyfde uit tien skole.
Suidies het netbal teen Gelofte gespeel en is gelykop 20-20 met Alicia Horne as speler van die wedstryd. Rugby – HSN speel teen Kloof en verloor 0-24. Hendrik Malan is speler van die wedstryd.
Komende gebeure: Maart 6: netbal – ward proewe; Rotary Team Talk en O18 Ugu hokkie proewe. Maart 11: O14 hokkie proewe; Maart 12: O14 Ugu hokkie proewe; Maart 13: Rotary Team Talk (semi-finals) en circuit trials; Maart 14: Mej Suid-Natal.

