DIT was weereens ’n bedrywige week op die SNP sport gebied en Kristen le Roux en André Steyn het geswem dat die rekords spat by die skool se gr 4 en 5 swemgala verlede week.
Leerlinge het hul goed van hul taak gekwyt by Southcity se aflosgala en uitstekende uitslae behaal. In die nagreeks by Gelofte, het Suidies ook goed gevaar. Die eerste rugbyspan het hul wedstryd teen Kloof 19-10 gewen en die hokkiedogters het 1-0 gewen teen Atholl Heights Primary. Alhoewel die netbalspan hul wedstryd verloor het, het hul pragtig gespeel.
Geluk aan Marco Henning en Zachlu Coetzee wat die O11 Suidelike KZ-Natal streekspan behaal het. Ses skole het verlede Saterdag aan die dubbelpaaltjie toernooi deelgeneem en Margate Primary se span is gelukgewens vir hul oorwinning en alle ouers is bedank vir hul ondersteuning.
SNP se gr 6 leerlinge het verlede week interessante eksperimente in natuurwetenskap gedoen met jodium.
