NewsSchools

HSN berei leiers voor

Kom ondersteun HSN se hokkiedogters by Shelly Spur op 11 Maart tydens ’n fondsinsameling.

HOËRSKOOL Suid-Natal se graad 11 hoofstroom en ‘Year 4’ LSEN leerlinge het drie ongelooflike, leersame en opvoedkundige dae by die Norwegian Settlers’ Church deurgebring. Hulle was bevoorreg om aan die Genesis leierskapkursus te kon deelneem en was by hierdie uitstekende geleentheid as toekomstige leiers toegerus. Baie dankie aan Genesis vir die geleentheid.

Op die hokkieveld, het Suidie hokkiedogters ’n baie geslaagde ‘ses aan ’n kant toernooi’ aangebied om geld vir hulle hokkietoer in te samel. Die ‘Jetsetters’ het as oorwinnaars uit die stryd getree, met ’n gedugte onderwyserspan in tweede plek. HSN nooi almal uit om die hokkiedogters by die Shelly Spur op 11 Maart van 6 tot 8nm te kom ondersteun tydens ’n fondsinsameling.

In die O15 krieketspel teen Scottburgh was beste kolwer ‘JD’ Opperman met 50 lopies nie uit nie en beste bouler Jacques Joubert het vier paaltjies vir 13 lopies geneem in vyf boulbeurte. Suidies het met sewe paaltjies gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button