NewsSchools

SNP demonstreer hidrolise krag

Op die stadium kry die akademie voorkeur met al die formele assessering wat plaasvind.

SUID-NATAL Primêr gr 6 leerlinge geniet tegnologie en verlede week het hul ’n praktiese taak gedoen om hidrolise-krag te demonstreer. Die monitors werk getrou, en hul leierseienskappe ontwikkel fluks. Op die stadium kry die akademie voorkeur met al die formele assessering wat plaasvind.

Die O11 krieketspan het verlede week teen Port Edward 125/75 gewen. Verlede Saterdag het die jaarlikse ses-’n-kant krieket toernooi te Suid-Natal Primêr plaasgevind en ses spanne het deelgeneem. Baie geluk aan Izotsha Primary met ’n goeie wen.

Die aandreeks het verlede naweek afgesluit op ’n hoë noot, en alhoewel die hokkie en netbal -spanne verloor het, het elke dogter haar hart uitgespeel. Suidies het gevoel of hul ’n eerste plek op die Olimpiese spele behaal het. Welgedaan aan die dogters wat die skool se naam hoog gehou het.

Suid-Natal Primêr gr 6 leerlinge (van links) Ziaan Nortjie, Rozinta Nel en Dylan Harding met die apparaat wat gebruik was vir die eksperiment wat hidroliese krag demonstreer.
Suid-Natal Primêr gr 6 leerlinge (van links) Ziaan Nortjie, Rozinta Nel en Dylan Harding met die apparaat wat gebruik was vir die eksperiment wat hidroliese krag demonstreer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button