DRIE Hoërskool Suid-Natal dogters Carla, Charné en René het Donderdag Suidies as ’n gedugte-span tydens die ‘Rotary Team Talk’ verteenwoordig. Hulle tema ‘Armoede in ons skole’ het vir hulle ’n tweede plek besorg en René de la Rey is as beste spreker aangewys.
Die eerste krieketspan het verlede Saterdag teen Southcity 150 lopies aangeteken en Suidie Joadan Arlow was die beste kolwer met 68 lopies. Die krieketspan het ’n totaal van agt wedstryde die seisoen gespeel waarvan hulle slegs een verloor het. Baie dankie aan menere Grobler en Oosthuizen vir uitstekende afrigting.
Die swemspan het verlede Woensdag aan die Suidkus-gala deelgeneem waar HSN vierde geëindig het. Die skool wil graag Status Panelbeaters bedank vir hul ondersteuning gedurende die seisoen.
