NewsSchools

SNP leer alles oor forensies

Baie geluk aan Thinus Bester wat Springbokkleure in karate verwerf het.

PORT Shepstone se Forensiese Afdeling het die gr 7 leerlinge die week kom toespreek oor wat vingerafdrukke en DNA behels. Dit was baie interessant om te hoor waarna gekyk word op ’n misdaadtoneel, watter tipe toerusting hul gebruik en hoe dit werk. Almal sê baie dankie aan Brian Henning en Nico van Wyk.

Suid-Natal Primêr leerlinge Suné de Witt (links) en Jeandré Joubert was as victrix en victor ludorums aangewys by Creston College se swemgala verlede week.
Suid-Natal Primêr leerlinge Suné de Witt (links) en Jeandré Joubert was as victrix en victor ludorums aangewys by Creston College se swemgala verlede week.

Baie geluk aan Thinus Bester wat Springbokkleure in karate verwerf het by die kampioenskappe wat by die Universiteit van Witwatersrand onlangs plaasgevind het.

Dit was ’n bedrywige week op die swemgebied en Suidie swemmers het by Creston geswem en uitstekend gevaar. Geluk aan Suné de Witt en Jeandré Joubert wat as senior victrix en victor ludorum weggeloop het.

Swemmers van gr 1 tot 3 het hul bes probeer by ’n vriendskaplike gala by Creston en die weer het mooi saamgespeel. Al die gr 1 en 2 leerlinge het hul pret-gala baie geniet.

Suidie ouderdoms wenners by verlede week se gr 1 en 2 pret gala (van links) Xander Victor (gr 1), Carla Wolvaardt (gr 2), Jacques de Bruyn (gr 2) en Jaimie Greyvenstein (gr 1).
Suidie ouderdoms wenners by verlede week se gr 1 en 2 pret gala (van links) Xander Victor (gr 1), Carla Wolvaardt (gr 2), Jacques de Bruyn (gr 2) en Jaimie Greyvenstein (gr 1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button