HSN se Mnr Suid-Natal 2015 kompetitisie was ’n reuse sukses en Stian Vermaak (geborg deur Doxa Coffee Shop) word as Mnr Suid-Natal 2015 gekroon. Eljuan du Toit (geborg deur Manaba KwikSpar) is eerste prins en Josh du Plessis (geborg deur Dr Wiele) tweede prins. Mnr Fotogenies – Gerhard Grove (geborg deur Wimpy Shelly Beach); Mnr Persoonlikheid gr 11 – Muller Booyens (geborg deur Welmi Odendaal Kliniese Sielkundige) en Mnr Persoonlikheid gr 12 – Cameron Smit (geborg deur Bambi Ice-Cream Parlour).
Suidies het aan die sporttoernooi te Scottburgh deelgeneem en goeie sportmansgees gewys. Die eerste rugbyspan het in ’n baie harde wedstryd gelykop gespeel. Die hokkiespan het twee van die drie wedstryde ongelukkig naelskraap verloor en een gelykop gespeel. Alhoewel die eerste netbalspan pragtige spel getoon het, het hulle een uit die drie wedstryde gewen.
Krieket O15 vs Kingsway – Beste kolwer, Tiaan Swart (20 lopies); beste bouler, Hein Vos (neem drie paaltjies vir 25 lopies in vier boulbeurte). Suidies verloor met 37 lopies.
Krieket O15 vs Southcity – Beste kolwer, JD Opperman (27 lopies); beste bouler, Kyle Jansen van Vuuren (neem drie paaltjies vir 15 lopies in vyf boulbeurte). Suidies wen met vier paaltjies.



