Suidie Marizane maak HSN trots
HSN se ‘hokkiebokkies’ het ’n suksesvolle seisoen agter die rug en het net vier vanuit 34 wedstryde verloor.
HOËRSKOOL Suid-Natal se hokkie, netbal en rugbyspanne het verlede Saterdag teen Port Natal in Durban gespeel. Baie dankie aan elke speler en afrigter wat gehelp het om van die tweede kwartaal se sportseisoen ’n sukses te maak.
Vanjaar was ’n suksesvolle seisoen vir die Suidie ‘hokkiebokkies’ wie net vier vanuit hulle 34 wedstryde verloor het. Baie geluk aan Michelle Kretzschmar (O14), Carla Scholtz, Kofi Mkumla, Marizane Wagenaar (O16), en Joalize Saayman (O18), wie onlangs vir die distriktespan gekies was en aan die KZN proewe deelgeneem het.
Die skool is sommer baie trots op Marizane Wagenaar wat vir die O16 KZN span as ’n nie reisende-reserwe gekies is.
