HOËRSKOOL Suid-Natal se jaarlikse swemgala was ’n reuse sukses en almal het die dag terdeë geniet. Ouderdomswenners was Charl Janse van Rensburg (O14), Arno Smith (O15) en Michelle Kretschmar (O15), Charles Thompson (O16), Marizaan Wagenaar en Ashke Theron deel (O16), Nereus Potonas (O17), Danielle Smith (O17), Muller Booyens (ope) en Alicia Horne (ope).
Swemmers het hul goed van hul taak gekwyt en rekords laat spat. Charles Thompson het ses rekords gebreek en is as senior victor ludorum aangewys. Danielle Smith het drie rekords gebreek en is as senior victrix ludorum aangewys. Arno Smith het twee rekords gebreek en is as junior victor ludorum aangewys en Michelle Kretzschmar as junior victrix ludorum. Die blouspan het as wenspan geseëvier en gr 8 leerlinge het geskiedenis gemaak deur die geesbeker te verower.
