NewsSchools

Suidie krieketspanne werk hard

Vier atlete het as deel van die Pietermaritzburg Distrikte Atletiekspan deelgeneem in Pretoria.

IN DIE wedstryd teen Port Shepstone High het HSN se eerste krieketspan verloor met 217 lopies. ‘AC’ Staden is aangewys as beste kolwer en ‘CJ’ Ludik as beste bouler en speler van die wedstryd.

Die junior krieketspan het met 16 lopies teen Sheppie (20 boulbeurte) gewen. Rudi Steyn was as beste kolwer aangewys en Adriaan Schonken as beste bouler en speler van die wedstryd. Adriaan het vyf paaltjies geneem en net drie lopies afgestaan.

In die wedstryd teen Sheppie (30 boulbeurte), verloor die span met 18 lopies. Reyneke de Wet was as beste bouler aangewys en Tiaan Swart as beste kolwer en speler van die wedstryd.

Suidie atlete Jeandré Day, Bronwin Day-Garden, Müller Booyens en Marizane Wagenaar het as deel van die Pietermaritzburg Distrikte Atletiekspan deelgeneem in Pretoria waar spanne van regoor die land kompeteer het. Jeandré Day het derde plek in O17 gewigstoot behaal en Müller Booyens vierde plek in O17 spiesgooi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button