SUID-NATAL Primêr het ’n fenomenale landsdiens klubkamp by die skool gehou. Altesame was daar 150 ouers, kinders en personeel wat op die grasperk in tente tuisgemaak was. Almal het lekker aktiwiteite geniet, maar die hoogtepunt was dat ouers by was.
Die nagreeks te Durban vir SNP se netbal, hokkie en rugby het verlede Donderdag begin en spanne het goed gespeel. Geluk aan die rugby seuns wat die wedstryd gewen het.
Verlede Saterdag het 12 onderwyseresse ’n lees kursus te Kuswag bygewoon. Dit was baie leersaam met baie nuwe tegnieke wat toegepas sal word. Beplanning vir die Hibiskusfees is in volle swang en daar is nog Steve Hofmeyr kaartjies beskikbaar by die skoolkantoor.
Gr 5 leerlinge het verlede week hard gewerk vir hul markdag. Dankie aan al die ouers vir die ondersteuning. Die markdag was ’n groot sukses.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033