SUID-NATAL Primêr se gr 4 leerlinge is sommer al hard aan die werk. Die eerste projek was om boontjie sade te plant en te leer van plante en die leerlinge wat groen vingers het, het baie mooi boontjies gegroei.
Vrydag was galadag vir die senior rooi, geel en blou spanne. Swemmers het uitstekend gevaar en met spanmaats se aanmoediging hul bes gegee. Baie geluk aan ouderdoms wenners Leandie du Toit, Ruan Victor en Marnuwico Vosloo (O11), Megan Wolvaardt en Rafe Lombard (O12), Suné de Wit en André Nel (O13).
Die blou span was die wenspan en die geel span het met die geesbeker weggeloop. Baie dankie aan al die ouers wat kom ondersteun het, asook almal wat aan die dubbelpaaltjie toernooi deelgeneem het. Mikyle Bartle was beste kolwer genoem en Bruce Borman beste bouler.
