SUID-NATAL Primêr se gr 3 leerlinge leef hulself elke Vrydag uit in kuns en is baie skeppend. Leerlinge het ’n toespraak gehad oor boelies en geleer dat almal mekaar moet koester. Suidies het die uitdaging aanvaar.
Opgewonde swemmers het die gr 3 en 4 swemgala aangepak verlede Maandagoggend. Geluk aan ouderdoms wenners Carla Wolfaardt (O9), Jacques de Bruyn (O9), Desiree du Plooy (O10) en Marnu Koekemoer (O10). Baie geluk aan die rooi span wat gewen het en die blou span wat die geesbeker gewen het. Baie dankie aan elke ouer wat leerlinge kom ondersteun het.
Hokkie, netbal en rugby spanne het verlede week in die nagreeks se semi-finale gespeel. Sterkte aan die netbal en rugby spelers wat Vrydag in die finale speel.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

