SUID-NATAL Primêr bedank die 82 ouers wat die spesiale vergadering oor die skoolsaal se dak bygewoon het verlede Donderdag. Daar is nog Steve Hofmeyr kaartjies beskikbaar by die skoolkantoor.
Graad twees het onlangs ’n waatlemoen fees langs die swembad gehou. Tussen al die gelag en gesmul, het almal al hoe taaier geword, maar gelukkig kon hulle in die swembad duik. Verlede Vrydag was die gr 1 en 2 pretgala en die weer het pragtig saamgespeel. Dankie aan al die ouers wat leerlinge kom ondersteun het.
Swemmers wat aan verlede week se Ugu kampioenskappe deelgeneem het te Southcity, het uitstekend gevaar. Rugby en netbal spanne het die eindrondtes gemaak en gespeel vir derde of vierde plekke. Alhoewel nie een span ’n derde plek kon verseker nie, het hul teruggekom met goeie sportmansgees en is voorberei vir die seisoen wat voorlê.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

