LANDSDIENS is ’n gewilde kultuurorganisasie by Hoërskool Suid-Natal. Dit is terselfdertyd opbouend omdat aktiwititeite op gesonde beginsels gebaseer is. Verskeie projekte en uitstappies word aangepak. Heelwat energie is gebruik om die Valentynsvieringe en sokkie aangenaam te laat verloop. Anonieme geskenkies is bestel, gemaak en afgelewer en dit was ook ’n geskikte geleentheid om die personeel lekker te bederf.
Nou word daar druk beplan aan die areakamp wat eersdaags by die skool aangebied word. Komende aktiwiteite op die ‘spyskaart’ vorentoe is strandskoonmaak, stap vir Bybels en heelwat meer.
Suidies het verlede Woensdagoggend die voorreg gehad om bekende Chanene en Jannie van Voice to Voice Promosies te verwelkom. Chanene toer die land vol met haar bekende produksies oor sosiale bekommernisse wat ons skole lam lê. Sy het ’n uitstekende eenmanvertoning en opvoedkundige praatjie oor ‘Boelies in die skool’ gelewer.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
